Met ‘n hart vol hoop en baie drome het ek in 2015 matrikuleer aan die Hoërskool Wolmaransstad. Te danke aan die NHSF kon ek my drome najaag en het hulle aan my die geleentheid gebied om my volle potensiaal in my studies te bereik.  Vandag is ek ‘n eerstejaar kandidaat-prokureur by Cilliers & Reynders Prokureurs. Ek het in 2018 my graad in B.Com Regte voltooi aan die PUK en in 2020 my LLB-graad. Beide het ek cum laude geslaag. Dit sou nie moontlik gewees het sonder die hulp van die NHSF nie en ek bedank hulle vir alles wat hulle vir my gedoen het.