Ek is 22 jaar oud en het reeds ‘n 3-jaar lening en nou weer ‘n 1-jaar se lening aangegaan by die Noordelike Helpmekaar-Studiefonds.  Sonder hierdie finansiële ondersteuning sou ek glad nie my drome kon bewaarheid nie.  Ek het reeds ‘n diploma-kursus voltooi en is nou besig met ‘n volgende diploma.

Omdat ek disleksie het, was daar gedurende my skoolloopbaan verskeie hindernisse en akademiese uitdagings. Die Noordelike Helpmekaar-Studiefonds het my ondersteun met my studies en die feit dat ek ‘n meriete toekenning ontvang beteken vir my oneindig baie.  Ek ervaar dat iemand in my akademiese vermoëns glo en glo dat ek kan presteer.  Dit dien ook as aanmoediging om nog harder te werk en nog beter te presteer.

Baie dankie Noordelike Helpmekaar-Studiefonds vir hierdie erkenning wat ek van julle ontvang.  Ek sal altyd onthou dat daar meer mense as net my ma in my glo!