Ek is iemand wat nog altyd gehou het van kreatiewe aktiwiteite. Daarom was skryf nog altyd vir my ‘n groot liefde. Dit is hoekom kommunikasie vir my uitgestaan het. Ek het verlede jaar my BA- Kommunikasie graad suksesvol voltooi aan die NWU. Dit sou nie moontlik gewees het sonder die Helpmekaar-Studiefonds nie.

 Ek het besluit om my studies voort te sit en is op die oomblik besig met my honneurs in Gevorderde Korporatiewe Kommunikasie aan die NWU. Ek sal graag eendag as ‘n kommunikasie praktisyn wil werk. Ek wil graag die Helpmekaar- Studiefonds bedank vir alles wat hulle moontlik gemaak het.