Te danke aan hierdie engelfonds kon ek in 2019 begin om my drome as arbeidsterapeut na te jaag. Hierdie fonds bied my elke dag die spesiale geleentheid om my volle potensiaal as arbeidsterapie student en vrou in Suid-Afrika te bereik. Reeds in 2016 het begin droom om ‘n blywende impak in mense se lewens te maak. Ek het geweet my passie was om ‘hands on’ te werk met mense. Die uitdaging was om die regte graad te kry wat my kreatiewe, ‘outgoing’ linker-breinpersoonlikheid vasvang. Natuurlik ook die finansies om hierdie droom te bewaarheid. Toe ek vir die eerste keer blootstelling aan die arbeidsterapie veld gekry het, kon ek skaars my glimlag keer. Ek het dadelik geweet hierdie gaan die tipe loopbaan wees waar ek elke oggend wakker word met passie in my hart as dryfkrag vir my daaglikse sukses.

Hierdie fonds het veral in 2020 tydens die COVID-19 pandemie ‘n blywende impak in my lewe gemaak. Self tydens hierdie strawwe finansiële tydperk, is ek nog steeds die ongelooflike geleentheid gebied om aan te hou ‘swot’ sonder om te stres oor waar die geld vandaan gaan kom.

Baie dankie Noordelike Helpmekaar Studiefonds dat julle ‘n nuwe betekenis gee aan die bekende stelling, “Don’t do what you love, but love what you do.” Ek is op my gelukkigste en kan nie wag om te sien wat die res van my 2 jaar se studies inhou nie.