“Work hard in silence and let your success make the noise”

Dit is nog altyd een van my gunsteling-aanhalings wat my voluit gemotiveerd hou.

Ek is tans ‘n 3de jaar student in BCom Menslikehulpbronbestuur  aan die Noord-Wes Universiteit in Potchefstroom. Ek het in 2021 in Potchefstroom begin studeer min wetend hoe my pad vorentoe gaan lyk en was maar senuweeagtig oor my toekoms. Ek is in Heide- dameskoshuis en dien op ‘n  verskeidenheid van komitees.Ek neem in koshuisverband aan verskeie sportsoorte deel en is lief daarvoor om te gaan gim .Ek het van die begin van my studies besluit dat akademie die belangrikste prioriteit is en het vir myself die doelwit gestel om onderskiedings in soveel as moontlik van my modules te kry.

Ek wil graag in 2024 my honneursgraad in Menslikehulpbronbestuur en Arbeidsverhoudinge aan die NWU voltooi indien dit die Here se wil is.

Ek wil van hierdie geleentheid gebruik maak om my opregte dank aan die NHSF uit te spreek vir die hulp en ondersteuning. Dit is vir my moontlik om te floreer op universiteit a.g.v die NHSF,oorvloedige genade van Ons Vader , ondersteuning van my familie en vriende en ‘n nougesette pligsbesef. Ek hoop om in die toekoms in die korporatiewe wêreld opgeneem te word en glo ek sal my merk as suksesvolle hulpbronbestuurder kan maak.

Dankie weer eens aan die NHSF wat hierdie geleenthede moontlik maak.Ek hoop dat my suksesverhaal baie ander voornemende studente sal inspireer om hul doelwitte na te streef en nie tou op te gooi nie.