Tans is ek ‘n vyfde jaar mediese student aan die Universiteit van Pretoria.

Ek is ‘n lid van die Golden Key Internasionale Organisasie (onder die 15% toppresteerders by UP se mediese fakulteit).

Sedert my eerste jaar het ek tot dusver elke jaar ‘n meriete toekenning ontvang wat toegeken is omdat ‘n gemiddeld van bo 80% gehandhaaf is.

Ek was gedurende 2019 deel van die Uitvoerende Raad van TULIP, ‘n studente-organisasie wat behoeftige skoolkinders help om  leiersvaardighede te ontwikkel, akademies voor te berei vir tersiêre onderrig en finansiële bystand bied.

Baie dankie aan Noordelike Helpmekaar Studiefonds wat bekostigbare finansiële ondersteuning bied en boonop hardwerkende studente beloon.