Ek het in 2016 aan die Rand Park Hoërskool matrikuleer. Ek het 2 onderskeidings in my finale matriekeksamen behaal. Dit was altyd my begeerte om in ‘n rigting te studeer waar dit vir my moontlik sou wees om ‘n verskil in mense se lewens te maak, maar weens finansiële omstandighede het ek nie geglo dit  moontlik sal wees nie.

Dit is daarom dat ek onwrikbaar glo dat my Hemelse Vader ons na die NHSF gelei het vir bystand hiermee, aangesien ek sonder finansiële hulp nie verder sou kon studeer nie.

Dit is dus vir my ‘n voorreg en trots om te kan sê dat nie net het ek hierdie jaar my diploma in Terapeutiese Massering Terapie aan die Potchefstroomse Akademie Cum Laude ontvang nie, maar is ek ook aangewys as die beste Terapeutiese student vir 2017 -2018.

Ek sit tans my studies voort aan Camelot West Rand waar ek Terapeutiese Aromaterapie studeer en dit is my gebed en begeerte dat ek in staat sal wees om te volhard met my goeie resultate, sodat ek nie alleen my God en my ma trots sal maak nie, maar ook die NHSF.

Dankie dat u my die geleentheid gegun het om my drome te bewaarheid, asook vir die meriete toekenning. Ek is baie dankbaar daarvoor.