Ek is Melinde Jooste en is baie dankbaar vir  die NHSF se hulp tydens my studies.  Ek het in 2016 matrikuleer by CVO Gromar.  In 2017 het ek my onderwysstudies by AROS begin.  Van 2018 af het die NHSF my gehelp om vir my studies te betaal. Sonder hulle sou dit nie moontlik gewees het nie.  By AROS het mens net een dag in die week klas en daarom kon ek werk en studeer.  Dit was nie altyd maklik nie, maar ek is dankbaar vir al die ondervinding wat ek opgedoen het.  In 2020 het ek my B.Ed graad voltooi en  is in Januarie 2021 voltyds aangestel as ‘n  Wiskunde juffrou by CVO Gromar. Die NHSF het my ouer sussie ook gehelp en help tans my jonger sussie wat nou tweede jaar is.  Ek glo en vertrou hul gaan my kleinste sussie ook help wanneer sy wil studeer.  Baie dankie vir die meriete beloning wat ek nou vir die derde keer ontvang.