Hulle se altyd, harde werk word beloon. Partykeer voel dit asof jy nooit by die beloning gaan uitkom nie, en asof alles net een groot las op jou is, maar in werklikheid kan ek vandag sê, dat dit wel beloon word. Dit is nie altyd wanneer jy dit verwag nie, maar wanneer jy dit die meeste nodig het.

Ek is tans in my finale jaar as ‘n 6de jaar mediese student aan die Universiteit van die Witwatersrand – na die voltooing van my eerste graad, ‘n BSc. Oor die jare was daar al menige kere wat opgee my in die oë gestaar het, maar met die ondersteuning vanaf my kollegas, ouers, asook Helpmekaar-Studiefonds, was dit nog elke oomblik die moeite werd. Ek kan nie wag om my tweede graad, as dokter, te voltooi nie. En is ook ewig dankbaar vir  die Helpmekaar-Studiefonds wat uiteindelik help om my droom ‘n realiteit te maak.