Ek is tans ‘n 5 de jaar mediese student wat by Sefako Makgatho Health Science University studeer. Ek geniet elke oomblik wat ek by die hospitaal kan deurbring of om met nuwe interessante vakke te begin met terme waarvan ek nog nooit  gehoor het nie. Die dae raak net langer en die aande korter, so deur die loop van die jare, maar ek het gekies om dit te doen en waardeer die voorreg wat ek gegun is om deel te kan wees van die mediese beroep. 2021 was n vreemde, maar steeds opwindende jaar vir ons almal, al leef ons nog steeds met Covid-19, voel ek ons pas daarby aan en beleef weer dinge waarvan ons kan hou. 

Nog steeds probeer ek die beste van alles maak en tyd te geniet saam vriende en familie, want ek voel ‘n goeie verhouding met almal help my om deur die jaar kom. Ek kon bietjie meer fokus op dinge waarvan ek hou en het die geleentheid gekry om werklik meer tyd met my familie te spandeer. 

Om goeie akademiese prestasie te handhaaf was nog altyd ‘n prioriteit, en selfs deur die moeilike jaar en al die studie-aanpassings, het ek bo uitgekom. Maar ek moet ook groot erkenning gee aan die NHSF wat al die finansiële stres van my afgehaal het, sodat ek doelgerrig kan fokus op die jaar. Die geld help om my studies te betaal en om handboeke te kan koop, sodat mens nooit agtergelaat word nie. NHSF is werklik ‘n organisiasie wat net goed bedoel en goeie dinge doen. Dankie vir 5 jaar se ondersteuning.