Ek het in 2015 matrikuleer aan die Hoërskool Pretoria-Noord en is tans besig met my laaste jaar in Argitektuur aan die Tshwane Universiteit van Tegnologie.

Ek het baie interessante goed geleer deur die loop van my studies. In my derde jaar het ek die geleentheid gekry om saam met Italiaanse studente in Mpumalanga te gaan werk aan ‘n projek. Ons was blootgestel aan nuwe tegnologie en dit het vir my soveel deure oopgemaak. Sonder NHSF sou ek nie op sulke wonderlike toere kon gaan nie. My droom was nog altyd om ‘n argitek te word en danksy NHFS, is dit moontlik gemaak.

Ek geniet elke oomblik van wat ek doen, al is daar soms moeilike oomblikke en laat nagte. Die NHSF haal ongelooflik baie spanning af in verband met die finansiële aspekte van my studies en boonop bied hulle prestasie-toekennings aan vir die studente wat goed presteer.

Ek beplan om my meestersgraad teen 2021 te voltooi.

Die toekenning wat ek ontvang het was totaal onverwags en ek wil net dankie se aan almal by NHSF wat dit moontlik vir my maak om my drome uit te leef. Baie dankie vir die geleentheid!