Ek het in 2021 gematrikuleer aan die Afrikaanse Hoër Meisieskool, Pretoria. Ek het in 2022 met my Bachelor of Social Science graad begin met Sielkunde en Kriminologie as hoofvakke  by Varsity College, Pretoria. My passie is mense en daarom geniet ek my studies geweldig. Ek was in die bevooregte posisie om die vierde plek in my graadgroep se meriete bord te behaal. Met die genade van Bo en met die hulp van die Noordelike Helpmekaar- Studiefonds is ek in staat om te kan studeer. Ek is baie lief vir die natuur daarom geniet ek dit om te kamp saam met familie en te kuier saam vriende.

Ek wil graag van hierdie geleentheid gebruik maak om vir die Noordelike Helpmekaar-Studiefonds dankie te sê vir die voorreg om te kan studeer en dat hul soveel ander studente bemagtig om hul drome uit te leef.