Om ‘n onderwyseres te wees en ‘n verskil in die wêreld en kinders se lewens te maak is al waarna ek gestreef het vanaf ek kan onthou. Die onderwysbloed loop sterk in my familie se are en daarom is ek baie opgewonde om die wêreld van onderwys  te betree. Ek het in 2019 aan die Hoërskool Nelspruit matrikuleer met 4 A’s en is tans ‘n finale jaar onderwysstudent aan die Noordwes-Universiteit.

Die universiteit het my baie dinge van die lewe geleer en my laat groei tot die persoon wat ek vandag is. Die Noordelike Helpmekaar-Studiefonds het dus my die beste geleentheid gegee waarvoor ek kon vra. Tydens my universiteits-loopbaan het ek baie dinge bereik veral deur musiek, terwyl ek in die NWU-koor gesing het. Musiek is een van my grootste passies  in die lewe en ek wil die wonder daarvan gebruik om kinders die geleentheid te gee om nuwe ervarings deur musiek te beleef.

My volgende hoofstuk is om ‘n pos as onderwyseres te kry en te werk vir ‘n bestuurspos binne die skool sodat ek meer besluite kan neem om ‘n positiewe verskil te maak in die leerders se lewens. En om eendag my honneursgraad te voltooi sodat ek verder kan vorder in die onderwyssisteem.

Ek wil graag dankie sê vir die Noordelike Helpmekaar-Studiefonds wat my die geleenteheid gegee het om my studies te voltooi en van my drome waar te maak . Ek het elke oomblik geniet en sal enige dag weer die Noordelike Helpmekaar-Studiefonds kies.