Ek het in 2019 matrikuleer aan die Hoërskool Bloemfontein. Ek is tans as ‘n tweedejaar besig met  BA Teologe aan die Universiteit van die Vrystaat. Ek wil eendag graag ‘n leraar in die NG kerk wees.

Ek geniet my studies vreeslik baie. Teologie het regtig my passie geword in die kort tyd wat ek dit studeer. Die Here het dit al hoe meer duidelik gemaak dat ek op die regte pad is en ek sien so uit na my pad vorentoe.

Dit is die eerste keer dat ek die meriete toekening ontvang en ek eerlikwaar sê dat dit ‘n groot verassing vir my was. Dit is ‘n wonderlike manier  om my te motiveer om te presteer. Sonder die NHFS sou ek nooit my droom ‘n werklikheid kon maak nie. Hulle het soveel deure vir my oopgemaak en ek is so dankbaar.