Ek het in 2016 matrikuleer aan die Afrikaans- Hoërseunskool met 2 onderskeidings.

Ek het oorspronklik by die Universiteit van Pretoria met n algeme BSc graad in Biologiese wetenskap begin met die doel om eendag aanvaar te word in Veeartsenykunde. In my tweede jaar het ek oorgeskakel na ‘n Dierkunde en Plantkunde dubbelgraad en dit is in die jaar waar ek my eerste Plantpatologie (Agric.) module geneem het.

Ek het ontdek dat ek n passie en liefde vir landbou- en die plantpatologiese beroepsrigting het. Die wetenskaplike kennis wat ek eendag gaan toepas, kan bydra tot die versekering van beter voedselsekuriteit in die land, asook beter kwaliteit gewasprodukte.

Dit het daartoe gelei dat ek van toe af ingeskryf is vir ‘n BSc Agric. graad in Plantpatologie.  Ek het in 2020 my graad (met onderskeiding) ontvang. Ek is tans besig met my Meesters in Agric. Plantpatologie en beplan om my finale tesis in te handig teen middel 2023.

Ek sou niks van dit kon bereik sonder die geleentheid wat die Noordelike Helpmekaar Studiefonds aan my gegee het nie en is vreeslik dankbaar daarvoor.