My grootste droom was nog altyd om elke dag ‘n verskil in die lewens van my medemens te maak. Die Noordelike Helpmekaar Studiefonds het vir my die deur oopgemaak om Arbeidsterapie aan die Universiteit van die Vrystaat te studeer. Sonder hulle ondersteuning sou ek nie die eer gehad het om oor n paar jaar my droom en passie  elke dag, as n beroep, te kon uitleef nie. Ek is nou besig met die tweede jaar van my kursus en is baie opgewonde om in die tweede semester met praktiese ondervinding en studie te begin. Ek kan nie genoeg dankie sê vir die geleentheid wat die NHSF vir my geskep het nie.