Ek het in 2018 aan  die Hoërskool Florida matrikuleer. Aangesien ek nog altyd ‘n liefde vir beide lees en skryf gehad het, wou ek iets studeer wat my liefde vir skryf sou aanvul en waar ek dit sou kon beoefen..

Ek het toe besluit om BA-Kommunikasie aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroom kampus te studeer.

Ek is tans in my 3rde jaar van studie. Ek wil graag eendag op my eie manier ‘n voetspoor los in ‘n wêreld waar effektiewe kommunikasie uiters belangrik is. Ek sal graag besighede wil help met hulle interne/eksterne kommunikasie en as korporatiewe kommunikasie praktisyn werk.

Ek is baie dankbaar vir alles wat die Noordelike Helpmekaarstudiefonds moontlik gemaak het.