Tans is ek ʼn tweedejaar BCom (Bestuurswetenskappe)-student met die fokusarea Kommunikasiebestuur aan die NWU se Potchefstroomkampus. Ek gaan tuis in Minjonet dameskoshuis en geniet elke oomblik daarvan. Ek is aktief betrokke by koshuisaktiwiteite en dien op etlike komitees. Dit is vir my ʼn leergeleentheid wat my persoonlike vaardighede opskerp en ontwikkel.

Na afloop van my voorgraadse studies wil ek graag ʼn BCom-Honneurs in Kommunikasiebestuur verwerf.

Ek wil van dié geleentheid gebruik maak om die Noordelike Helpmekaar-Studiefonds uit my hart te bedank vir die geleentheid om te kan studeer. Die NHSF het my die geleentheid gegee om my horisonne te verbreed en so my passie uit te leef.