In 2016 het ek matrikuleer en toe besluit om Verpleegkunde te gaan studeer. Ek het baie te doene gehad met hospitale, dokters, en verpleegpersoneel nadat ek in ‘n ongeluk was in 2014. Ek het begin belangstel in Verpleegkunde en het besluit dit is wat ek wil gaan studeer. Vandag besef ek net weer eens dat hierdie rigting my roeping is. Dis ‘n voorreg om te kan studeer in die rigting waarvoor mens ‘n passie het.

Ek is tans ‘n derde jaar student by NWU Potchefstroom en tel soveel meer ondervinding op wanneer ek in die hospitale en klinieke werk. In my derde jaar leer ek baie meer ingewikkelde en uitdagende dinge soos bv oor medikasie en verloskunde. Ek het onlangs in ICU gewerk en ek oorweeg dit baie sterk om in ICU te spesialiseer. ICU is vir my baie meer uitdagend en die dae is nooit dieselfde nie. ‘n Mens werk in ICU met slegs een pasiënt omdat hulle toestand baie slegter is.

Daar is baie kere wat daar gevalle is wat baie moeilik en uitdagend  is, maar dan herinner ek net myself aan al die kere wat ek iemand kon help of laat glimlag het — dit is die hoogte punt van my dag.

Ek het vanjaar ook begin werk in ‘n privaathospitaal. Dit is baie anders om in ‘n privaathospitaal as ‘n staatshospitaal te werk. Ek leer by altwee hospitale so baie en geniet albei . Die verpleegpersoneel waarmee ek saamwerk help my wanneer ek ‘n nuwe prosedure moet leer en gevolglik leer ek  ongelooflik baie van hulle . Die dokters is ook bereid om vir my te verduidelik wanneer hulle besig is met ‘n prosedure. Ek het baie respek vir die dokters en verpleegpersoneel.

Ek wil baie graag in my gemeenskapsjaar kursusse volg in Primêre Gesondheidsorg en dan ook begin spesialiseer in ICU.

Te danke aan die Here en aan die Noordelike Helpmekaar Studiefonds, kan ek hierdie droom van my volg en elke oomblik van my studie tydperk ten volle geniet. Weer eens baie dankie!