Ek is tans ‘n 4de jaar mediese student wat by Sefako Makgatho Health Science University studeer. Ek geniet elke oomblik van wat ek doen, al is daar soms dae wat ek laat moet wakker bly of by die hospital moet deurbring. 2020 was n vreemde, maar steeds opwindende jaar vir ons almal, maar ek dink tog het ons probeer om die beste van alles te maak. Ek kon bietjie meer fokus op dinge waarvan ek hou en het die geleentheid gekry om werklik meer tyd met my familie te spandeer. Om goeie akademiese punte te handhaaf was nog altyd ‘n prioriteit, en selfs deur die moeilike jaar en al die studie aanpassings, het ek bo uitgekom. Maar ek moet ook groot erkenning gee aan die NHSF wat al die finansiële stres van my afgehaal het, sodat ek doelgerrig kan fokus op die jaar.

Beide ek en my broer maak gebruik van die NHSF en is werklikwaar bly dat daar organisasies soos die NHSF is om studente met finansiële nood te help, sodat hulle ook die kans kan kry om hulle drome uit te leef!