Ek het in 2017 matrikuleer met ses onderskeidings. In 2020 het ek my BA-graad in Sielkunde en Tale met lof geslaag aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroom-kampus. In 2021 het ek my Honneursgraad in Sielkunde ook aan die Noordwes-Universiteit verwerf en met lof geslaag. Tans is ek besig om NGOS te verwerf van STADIO Higher Education.

Dit is my droom om eendag as ’n sielkundige te registreer. Ek het ‘n besondere belangstelling in die veld van abnormale sielkunde en is innig dankbaar dat ek die geleentheid het om die veld te bestudeer. Om my droom om ‘n sielkundige te word te bereik, sal ek ten minste drie grade in diè veld moet voltooi. Sonder die hulp van die Noordelike Helpmekaar-Studieleningsfonds sou hierdie droom doodeenvoudig buite my bereik wees, maar te danke aan hierdie fonds is al waaroor ek myself nou hoef te bekommer, my akademie.

My huidige belangstellinge sluit in hokkie, draf, lees en kortverhale skryf. Ek het nog altyd n groot liefde vir kreatiewe skryfwerk gehad en hoop om eendag ook ‘n boek te publiseer.

Ek is baie dankbaar vir die Noordelike Helpmekaar-Studieleningsfonds dat hulle al hierdie geleenthede wat ek nou het, vir my moontlik gemaak het.