sdr

In 2021 het ek matrikuleer aan die Hoёrskool Oos-Moot met 2 onderskeidings. Een van my onderskeidings was Besigheidstudies waarin ek dan ook verder gaan studeer het na skool. Ek studeer tans BCom-Ondernemingsbestuur by Akademia Universiteit en is tans in my tweede studiejaar.

Dit was nog altyd my grootste droom om verder te kan studeer na skool en Entrepreneurskap is my passie.

Een van my grootste drome is om die Besigheidswêreld te betree en spesifiek  in Menslike hulpbronbestuur. Ek stel belang om ‘n Menslike hulpbron- bestuurder te word in ‘n groot onderneming. Ek wil graag verder studeer nadat ek my 3 jaar kursus  voltooi in 2024 om dan ‘n menslike hulpbronbestuursgraad te verwerf.

My akademie is my nommer een prioriteit en my doelwit is om met ‘n onderskeiding my graad te voltooi. My grootste bekommernis was hoe ek die fondse gaan kry om met my studies te begin. Sonder die Noordelike Helpmekaar- Studiefonds sou ek nie vandag gewees het waar ek is nie. Te danke aan die fonds kon ek my passie uitleef en my grootste droom verwesenlik.  Daarom werk ek elke dag hard en gee my beste omdat ek weet ek is bevoorreg om my droom te kan volg. Met harde werk kan jy enige iets bereik.