EsmariIn 2016 het ek gematrikuleer met 2 A’s en 6 B’s en is daarvolgens gekeur om eendag die beroep van my drome te beoefen. Nou is ek reeds 2de jaar om my as  chiropraktisyn by die Universiteit van Johannesburg te bekwaam.

Die Noordelike Helpmekaar-Studiefonds wil ek uit my hart bedank dat die pad tot dusver vir my moontlik gemaak  is. Dankie vir die belegging in my toekoms.

Die meeste van my tyd bestee ek voor my boeke, maar elke oomblik verbreed my kennis van dít waaroor ek baie entoesiasties is. Ek probeer om op ʼn daaglikse basis tyd te maak vir oefen omdat ek my atletiek aan die gang probeer hou.

Die hope werk, ʼn tekort aan tyd en daarmee saam moegheid, lê baie dae soos ʼn berg voor my, maar dan word ek daaraan herinner dat my God aan my kant is en dat Hy berge kan verskuif.

Sonder die krag van Bo, my familie en my vriende se ondersteuning, is dit ʼn feit dat ek nie vandag sou wees waar ek is nie en sou ek beslis nie die mens wees wat ek is nie.