In 2019 het ek aan Helpmekaar Kollege matrikuleer met 2A’s en 4B’s en is daarvolgens gekeur om ‘n beroep in die besighedswêreld te volg. Ek was nooit seker watter tipe besigheidsberoep ek wou volg nie, maar aan die einde van matriek het ek besef ek is bestem vir bemarking.  Uitstekende en kreatiewe advertensies soos die van Nandos fasineer my. Gedurende 2019 het ek keuring vir BCom Bemarking aan die Universiteit van die Vrystaat gekry.

BCom Bemarking is soveel meer as net advertensies. Daar gebeur ongelooflik baie agter die skerms. My studierigting bring die hele besigheidswêreld vir my in perspektief en  ons leer alle aspekte van ‘n besigheid, wat my studies ook baie  interessant maak. Ek is tans ‘n tweede jaarstudent en alhoewel Covid-19 my studies meer uitdagend maak as wat dit reeds is, het ek agtergekom dat dit beter is om dinge dag vir dag te vat en om te onthou dat my krag slegs van Bo kom.

Ek wil die Noordelike Helpmekaar Studiefonds uit die diepte van my hart bedank ,want sonder jul finansiële ondersteuning sou dit nie vir my moontlik  gewees het om my droom ‘n realitiet te maak nie. Ek is ongelooflik dankbaar vir die geleentheid wat aan my gebied word en dat julle my studies tot dusver moontlik gemaak het. Ek is ook dankbaar dat julle in my drome glo en vir die belegging wat julle in my toekoms maak.