Ek het in 2018 gematrikuleer aan Die Hoërskool Menlopark. Na n ‘gap’-jaar in 2019,  as n Naskoolse onderwyser by die Laerskool Anton van Wouw, het ek presies geweet wat ek wil studeer. Ek is n tweede jaar student aan die Centurion Akademie en studeer Sportbestuur. My passie was nog altyd netbal en daarom het ek besluit om op die sportterrein in te beweeg. Die sukses agter my goeie resultate kan aan verskeie faktore toegeskryf word naamlik, die regte studie keuses, volle toewyding aan  die kursus en, soos my tannie sê: ”Gaan BOS….boude op stoel,”

My belangstelling in sport kom al van my laerskooldae af. Al was ek nie lid van die eerste span op skool  nie, het dit my passie gebly. Ek stel daarin belang om mens te help wat  in hulself twyfel. Al kan ek hulle net iets kleins leer wat n verskil kan maak, dan het ek my doel bereik.

Ek wil hiermee my dank uitspreek aan Noordelike Hulpfons vir die gemoedsrus van my studielening.