Baie dankie aan  die NHFS vir hierdie geleentheid om te vertel watter groot rol julle in my lewe speel.

Ek het in 2019 aan die Hoërskool Waterkloof matrikuleer.  Ek was reeds by UJ ingeskryf en sou in 2020 met my graad in Argitektuur  begin, maar agv omstandighede buite my beheer, het ek nie toelating ontvang nie.  Plan B het binne ‘n naweek gerealiseer en ek is tans besig met my 2e jaar – National Diploma: Architectural Technology NQF6, by AIE (Academic Institute of Excellence).  AIE se klasse word aanlyn of op kampus aangebied en Covid het geen invloed gehad op die kurrikulum nie.

Ek geniet my studies terdeë, ondanks die min slaap en harde werk. Nie BEE of Covid kon my stuit nie, want ek kan op NHFS steun vir finansiële bystand.  Ek sien 2020/2021 as ‘n ‘gap’- jaar met byvoordele, want ek is in die proses om ‘n addisionele kwalifikasie te verwerf.

My droom is om ‘n argitek te word, en dit sal my droom bly totdat ek met my graad in my hand staan.  Sodra die universiteite se aanlyn inskrywings vir 2022 oopmaak, sal ek inskryf vir my graadkursus.  Ek sal weer eens by NHFS aansoek doen vir ‘n studielening aangesien ek nog nie in die posisie sal wees om self my studies te befonds nie.

Hierdie meriete toekenning was baie onverwags en ek weet nie eers waar om te begin dankie sê nie!  Dankie NHFS, dat julle my help om my drome uit te leef en om my potensiaal te bereik.