Ek het in 2016 matrikuleer aan die Meisieskool Oranje met 6 onderskeidings en is ‘n vierde jaar regstudent aan die Universiteit van Pretoria

Ek voel geëerd om weer eens ‘n merietetoekenning te ontvang en dank my Hemelse Vader vir my gawes en ook dat Hy die weg gebaan het vir my. Dankie ook aan die Helpmekaarfonds wat dit vir my moontlik maak om my drome te realiseer.

Harde werk, selfdissipline en ondersteuning van my familie is my wenresep vir sukses! Ek is deel van die Golden Key Society wat die top 15% studente in hul verskeie studievelde, vereer. Ek was ook uitgenooi na die International Scholar Laurete Program (ISLP) Delegation on International Relations & Diplomacy 2019 wat gehou is in Beijing, Sjina.

Na my LL.B.-graad wil ek met my kandidaatprokureurskap begin, poog om my LL.M. in belasting te behaal en uiteindelik by die Balie aan te sluit as ‘n advokaat. Ek is passievol oor die Reg en dat dit as instrument gebruik kan word om ‘n verskil te maak.

Dankie aan al die wonderlike mense en mentors in my lewe wat my elke tree van die pad ondersteun. Sonder julle sou ek nie gewees het waar ek is nie!

“Success does not come from what you do occasionally. It comes from what you do consistently.” – Marie Forleo