Ek het in 2021 met ‘n vol gemoed en groot drome gematrikuleer. Die reis na my toekoms het kort daarna, in 2022, aan die Unviersiteit van die Witwatersrand begin in die MBBCh-studierigting.  Ná ‘n jaar se studie, kan ek met sekerheid sê dat ek verlief geraak het op my gekose studierigting, en dat ek vir die res van my loopbaan met alle passie sal volhard om ‘n verskil in die wêreld te maak. Ek sien met ‘n hart wat oorloop van vreugde, uit na die toekoms in mediese wetenskappe wat vir my moontlik gemaak is deur die hulp wat die Noordelike Helpmekaar-Studiefonds aan my voorsien het. Ek wil graag uit die diepte van my hart aan hulle dankie sê dat hulle die begin van my lewensreis moontlik gemaak het.