In 2016 het ek gematrikuleer met 2 A’s en 6 B’s en is daarvolgens gekeur om myself as chiropraktisyn te bekwaam- die beroep van my drome- aan die Universiteit van Johannesburg.

Ek wil die Noordelike Helpmekaarstudiefonds uit my hart bedank dat julle die studies tot dusver moontlik gemaak het en ook vir die belegging wat julle in my toekoms maak. 

Vanjaar het ons meer begin spesialiseer in my belangstellingsrigting en dit het my in ekstase. Ek is bevoorreg om te kan doen waarvoor ek lief is en ook ‘n passie het- alles te danke aan die Noordelike Helpmekaar Studiefonds.

My studies verg ure voor die boeke en ure van praktiese ondervinding, maar ek aanvaar die uitdaging en pak dit daagliks met beide  hande aan. Die volgende aanhaling dra my deur elke dag: “In Christ she is a strong and fearless warrior who can overcome any obstacle in her way”