Ek het in 2018 gematrikuleer aan die CVO-skool Lichtenburg. Ek studeer tans Aktuariële Wetenskap by die Noord-Wes Universiteit se Potchefstroom-kampus. Ek het al van ‘n jong ouderdom af ‘n groot liefde vir wiskunde gehad en met baie genade van Bo en die hulp van die Noordelike Helpmekaar Studiefonds  is ek in staat om my droom uit te leef. Ek spandeer graag my aftyd saam my familie en vriende en probeer so ‘n balans handhaaf tussen  my studies en die studente lewe.

Ek wil graag van hierdie geleentheid gebruik maak om vir die  Noordelike Helpmekaar Studiefonds te bedank vir die wonderlike werk wat hulle doen om soveel jongmense (myself ingesluit) te bemagtig om drome waar te maak.