Ek het in 2017 matrikuleer aan Potchefstroom Gimnasium met 6 onderskeidings. In 2018 begin ek met my studies aan die NWU –  BSc Aktuariële wetenskap.

Ek het van kleins af ‘n liefde vir Wiskunde gehad en dit ook baie maklik verstaan. Later het  ook my liefde vir programmering  ontwikkel

2020 is die Nasionale afsondering aangekondig en aanlyn-leer was ‘n onverwagte, maar uitdagende werklikheid. My belangstelling was egter om op my akademie te fokus.

Om my gevoel van isolasie en gebrek aan fisiese kontak met ander te  verminder, het ek  ekstra wiskunde klasse vir hoërskoolleerlinge aangebied.

Ek  was suksesvol daarin om my derdejaar met 4 onderskeidings te slaag , danksy harde werk, die tegnologie en internettoegang.

Ek het ook reeds 3 vrystellings  gedurende my grad behaal.

Ek was in die bevoorregte posisie om ‘n  internskap  by EBSphere in Johannesburg te kry as ‘n databasis-ontwikkelaar. Ek werk nou aan sagteware vir pensionfondse en geniet elke oomblik daarvan. Die res van my Aktuariële eksamens sal ek mettertyd doen.

Dit is die tweede keer dat ek die meriete toekenning ontvang. Dit is weer ‘n groot verrassing wat ek opreg waardeer in die huidige moeilike ekonomiese omstandighede en  dat my lening ook beskikbaar was vir my hele studietyd.

Baie dankie aan Noordelike Helpmekaar Studiefonds, julle het dit vir my moontlik gemaak om te fokus op my studies om sodoende my drome te laat realiseer.