Ek is ‘n Industriële Ontwerpstudent, tans in my tweede jaar aan die Universiteit van Johannesburg. Ek is ‘n kreatiewe denker wat dit geniet om probleme op te los. Illustrasie is een van my groot passies, maar ek geniet die tegniese aspekte van die ontwerpproses, asook om met my hande te werk. Ek hou daarvan om verskillende maniere van ontwerp, hoofsaaklik gefokus op die ontwerp en vervaardiging van produkte, te verken. As ontwerper geniet ek dit om my vaardighede te gebruik om sinvolle, realistiese en innoverende oplossings te skep vir probleme wat aan my voorgehou word. Ek geniet die hele ontwerpproses, maar het ‘n spesiale liefde vir 3D-modellering en vervaardiging.

Om ‘n oorsig te kry van my werk, gaan kyk gerus by https://www.behance.net/SalzwedelLuc  

Weer eens baie dankie vir die geleentheid wat die Fonds aan my bied om te kan studeer en vir hierdie meriete toekenning. Ek waardeer dit opreg en hoop dat ek eendag ook in ons land ‘n verskil sal kan maak deur my kwalifikasie.