Ek is ongelooflik dankbaar vir die geleentheid wat die Noordelike Helpmekaarstudiefonds my gegee het om vir vier jaar te kon studeer aan die Noordwes Universiteit.

Ek kom oorspronklik van Nelspruit en het in 2014 gematrikuleer by Hoӫrskool Bergvlam. Ek het in 2018 my graad in onderwys ontvang en is tans ‘n Gr R-juffrou in Viljoenskroon. Danksy die Noordelike Helpmekaarstudiefonds kan ek nou elke dag ‘n verskil maak in kinders se lewe.