Ek het in 2018 matrikuleer aan die Hoërskool Dr. E.G. Jansen.  Met die kleintydse droom om medies te gaan ‘swot’, wat nie kon realiseer nie, het ek in 2019 my Bestuurswetenskap- studieloopbaan begin aan die Noordwes-Universiteit te Potchefstroom. Dit het al my verwagtinge oortref !

Die gesegde dat “alles  gebeur met ‘n doel” is een wat my na aan die hart lê omdat ek ‘n oorheersende passie ontwikkel het vir die besigheidswêreld. Nieteenstaande die feit dat ek van kleinsaf  myself gesien het as mediese student.

Te danke aan  die NHSF ‘swot’ ek nie net my ideale kursus nie, maar het ek die voorreg om op ‘n universiteitstruktuur te dien en om .my studentelewe te geniet. Ek dien op ons koshuis se Huiskomitee waar ons die koshuis bestuur en beheer. Ek streef daarna om my Honneurs te voltooi in Bemarking en om daarna my passie te gaan uitleef in die besigheidswêreld en net nog meer mylpale daarin te bereik.

My besigheidshart sal nooit geblus word nie.