Ek het matrikuleer in 2018 aan die Hoërskool Dr. E.G. Jansen met 3 onderskeidings (Wiskunde, Biologie en Lewensoriëntering).  Ek was nog altyd geïnteresseerd in hoe die klein goed in die lewe ‘n groot impak maak.  Dit is waar my liefde vir Mikrobiologie onstaan het.

Elke keer wat ek by die Universiteit se labratorium instap, het ek ‘n glimlag op my gesig,  want dit is waar ek gemaklik, tuis en gelukkig voel.

Te danke aan die NHSF het ek die geleentheid gekry om ‘n toekoms te maak van my passie vir Mikrobiologie.  Baie dankie NHSF vir die geleentheid.

Ek is tans (2021) ‘n derde jaar student aan die NWU in Potchefstroom, besig om  BSc in Mikrobiologie en Biochemie te studeer.  Ek beplan tans om vir my Honneursgraad  in 2022 te studeer.