Ek studeer tans “Medical Orthotics and Prosthetics”.

Vandat ek die eerste dag by die Rehabiltasie hospitaal in Johannesburg was om skadu-werk te doen, het ek geweet dat dit is wat ek wil doen. “Medical Orthotics and Prosthetics” is waar ek hoort. Dit is die perfekte kombinasie van my passie om mense te help en om met my hande te werk, plus dit sluit kantoorwerk uit.

Ek is tans in my 2de jaar by die Tshwane Universiteit van Tegnologie. Ek geniet my kursus verskriklik en sal niks anders as n beroep wil volg nie. Ek wil graag eendag spesialiseer in prostese vir kinders en wil verdere kursusse volg om “Robotic prosthetics” te kan maak. Daarna wil ek in Duitsland gaan werk om geld in te samel om dan vir die mense in Afrika, wat dit nie kan bekosting nie en ook nie self na ‘n praktyk kan gaan nie, prosteses te maak. 

Ek is baie dankbaar vir die Noordelike Helpmekaar-Studiefonds wat my in staat stel om my drome te verwesenlik. My studies is vir my belangrik en my vermoë om hard te werk vir my drome was nog altyd iets waarop ek trots is.

Baie dankie vir die Merietetoekenning wat ek ontvang het. Dit word werklik waardeer.