Ek is Charl Rautenbach,’n finale jaar B-Agric Irrigation Management-student aan die Universiteit van die Vrystaat. Ek het ‘n ingebore liefde vir diere en die natuur. Ek glo God het die hartsbegeerte by my gekweek. Daarom doen ek als in my vermoë om Hom daardeur te verheerlik en danksy die Noordelike Helpmekaar Studieleningfonds, wat my die geleentheid bied om te studeer, is elke dag ‘n stap nader aan my eindbestemming.