Ek is tans ‘n derde jaar mediese student wat by Sefako Makgatho Health Science University studeer. 2019 was n goeie akademiese jaar vir my, want ek het baie motivering gehad. Om goeie akademiese punte te handhaaf was nog altyd ‘n prioriteit, maar ek moet ook groot erkenning gee aan die NHSF wat al die finansiële stres van my afgehaal het  sodat ek doelgerrig kan fokus op die jaar.

My droom was nog altyd om die mediese beroep te volg en in my tweede jaar het ek  meer geleer oor die menslike liggaam en hoe alles saam funksioneer. Beide ek en my broer maak gebruik van die NHSF en is werklikwaar  bly dat daar organisasies soos die NHSF is om studente met finansiële nood te help, sodat hulle ook die kans kan kry om hulle drome uit te leef!