Ek het in 2019 matrikuleer aan die Hoërskool Zwartkop en toe die voorreg gehad om in 2020 my studie-loopbaan te begin aan die Potch Akademie, ook bekend as Tina Scholtz. Ek is tans besig met my derde jaar in Somatologie. Die kursus is ‘n 3 jaar kursus en behels vel- en lyfsorg.

Na ek klaar studeer het wil ek graag op die skepe gaan werk, om ondervinding op te doen, die wêreld te sien, asook my studieskuld af te betaal.

Alles te danke aan die Helpmekaar-Studiefonds, wat dit vir my moontlik gemaak het om my drome voluit te kan uitleef. Hulle bied nie net finansiële bystand nie, maar ook motivering waarvoor ek ewig dankbaar sal wees.