Dit was nog altyd my droom om eendag ‘n onderwyseres te word, om met kinders te werk. In 2019 het ek aan die Hoërskool Nelspruit matrikuleer met 4 A’s en is tans besig met my derde jaar in onderwys by die Noord-Wes Universiteit. 

Ek is baie lief vir musiek en wil as ‘n onderwyseres dit graag gebruik om kinders te inspireer en te leer dat hulle elkeen uniek is en ook aanvaar word vir wie hulle is. Ek speel klavier en sing tans in die NWU-Pukkoor en dit is hier waar ek myself kan wees en kan ontsnap van al die spanning wat saam met studies kom. Ek wil graag eendag klavierlesse vir kinders gee, asook by ‘n skoolkoor betrokke wees. Ek wil ‘n verskil in kinders se lewens maak en hulle die geleentheid gee om hulle drome te volg.

Ek het geleer dat enige droom waar kan word deur uithouvermoë, harde werk en die Here se genade. Daarom sê ek baie dankie vir die Noordelike Helpmekaar-Studiefonds dat hulle my help om my droom te volg en my die geleentheid gegee het om die beste van my lewe te maak.