Ek het grootgeword in Benoni waar ek  aan die Benoni High School  matrikuleer  en vier onderskeidings verwerf het.

In 2017 het ek aan die Universiteit van Stellenbosch B Rek studeer, maar besef dat dit nie die regte studierigting vir my is nie. Ek het in 2018 vir  B Comm Regte by  Pretoria Universiteit  ingeskryf en  besef dit is waar my belangstellings lê en wat ek nog altyd wou studeer. Ek poog tans om my tweede en derde jaar tegelykertyd te voltooi en is baie dankbaar dat die Noordelike Helpmekaar Studiefonds dit vir my moontlik maak.

Dit was geen maklike taak om gedurende 2018 al die modules van my eerste jaar, asook ‘n paar van die tweede jaar te voltooi, terwyl ek deeltydse werk as kelnerin, asook au pair, verrig  het nie.

Ek wil die Helpmekaar Studiefonds bedank vir hul hulp waarsonder ek nie sou kon studeer  nie. Ek wil verder ook die Fonds hartlik bedank vir my meriete-toekenning wat ek glad nie verwag het nie! Dit was ‘n besondere welkome geskenk en ‘n groot eer om dit te ontvang .  Ek sal die Fonds ewig dankbaar wees vir hul hulp om my droom te verwesenlik.