Ek het in 2016 gematrikuleer aan die Meisieskool Oranje met 6 onderskeidings en is ‘n derde jaar regstudent aan  die Universiteit van Pretoria.

Ek voel geëerd om ‘n merietetoekening te ontvang en dank my Hemelse Vader vir my gawes en ook dat Hy die weg  gebaan het vir my. Dankie ook aan die Helpmekaarfonds wat dit  vir my moontlik maak om my drome te realiseer.

Harde werk, selfdissipline en ondersteuning van my familie is my wenresep vir sukses! Ek is deel van die Golden Key Society wat die top 15% studente in hul verskeie studievelde vereer. Ek is ook uitgenooi na die International Scholar Laurete Program (ISLP) Delegation on International Relations & Diplomacy 2019 wat gehou sal word in Beijing, China.

Na my LL.B.-graad wil ek met my kandidaatprokureurskap begin en daarna poog om my LL.M. te behaal. Ek is passievol oor die reg en dat dit as instrument gebruik kan word om ‘n verskil te maak.

Dankie aan my wonderlike familie en vriende wat my ondersteun. Sonder julle sou ek nie gewees het waar ek is nie.

“Success does not come from what you do occasionally. It comes from what you do consistently.” – Marie Forleo