Met ‘n hart vol hoop en baie drome het ek in 2015 matrikuleer aan die Hoërskool Wolmaransstad. Te danke aan die NHSF kon ek hierdie drome najaag en, deur finansiële stres iets van die verlede te maak, het hulle aan my die geleentheid gebied om my volle potensiaal in my studies te bereik.  Vandag is ek in my 5de jaar op die PUK as ‘n finale-jaar LLB student. Ek het in 2018 my graad in B.Com (Regte) voltooi en cum laude geslaag. Ek het ook die voorreg gehad om ‘n nasiener en tutor te wees vir verskeie regsvakke deur die jare. Niks hiervan sou moontlik gewees het sonder die hulp van die NHSF nie en ek dank hulle vir alles wat hulle vir my doen