Die Noordelike Helpmekaar-studiefonds  het  ten doel  om verdienstelike studente finansieel te help.

As maatskappy sonder wins(MSW)  poog die NHSFonds om soveel as moontlik studente te bemagtig om hulle studie-ideale ‘n werklikheid te maak deur voordelige studielenings. Terselfdertyd versterk die NHSF ook ‘n kultuur van verantwoordelikheid vir die terugbetaling van eie studieskuld — reëlreg teenoor die heersende gees van toe-eiening (‘entitlement’).

Uiteraard is fondse  beperk en word enige finansiële skenkings of hulp ingeploeg om meer studente te help.

Skenkings/bydraes van die aard kwalifiseer  vir belastingaftrekking kragtens  artikel 18A van die inkomstebelastingwet. Dit geld ook vir testamentêre bemakings. Indien u belangstel om ‘n belegging in die toekoms van die jeug, ongeag ras of geslag, te maak en sodoende ook in Suid-Afrika, kontak die NHSF gerus by admin@nhsfonds.co.za  of by (011) 782-9160.