Ek is ‘n finale jaar LLB-student aan die Noord-Wes Universiteit in Potchefstroom. Ek het ook my BCom in Regte binne twee jaar afgehandel, is tans lid van die Golden Key Society en kon tydens my studies heelwat  onderskeidings behaal. 

Die Noordelike Helpmekaar-Studiefonds het my finansieel baie gehelp, deur die goeie en moeilike tye van my studietydperk. Na 6 jaar se studies is dit nogals baie. Sonder die hulp sou ek nie my studies suksesvol kon voltooi nie. Daarvoor is ek baie dankbaar.