Ek het my hoërskoolloopbaan in 2018 aan die Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria voltooi.   Tans is ek ‘n tweedejaar BA Oudiologie-student aan die Universiteit van Pretoria.

Ek sien  daarna uit om eendag in my beroep werklik ‘n verskil te maak in veral kleuters en babas se lewens.  Dit is vir my belangrik om baie hard te werk en dan goeie resultate se vreugde te  ervaar.

Om te reis en ander lande se mense en kulture te leer ken, is vir my ‘n groot droom.

Die meriete toekenning was ‘n lekker onverwagse geskenk waarvoor ek baie dankbaar is.   Ek het groot waardering vir die Noordelike Helpmekaar Studiefonds wat dit vir my moontlik maak om my studies te voltooi.  Baie danki