Ek het groot geword in Centurion en het in 2018 gematrikuleer te Hoërskool Eldoraigne. Tans is ek besig as  tweede jaar  met my studies in Somatologie by Isa Castens Akademie in Pretoria. Isa Carstens Akademie is ‘n wêreldbekende gesondheids- en velsorgopleidingsakademie wat in 1978 gestig is, en bied verskillende voltydse opleidingsprogramme aan.  Isa Carstens Akademie se somatologie-kursus is ‘n 3 jaar kursus en behels vel- en lyfsorg.

My belangstelling in Somatologie het reeds in  graad 8 ontwikkel, aangesien ek altyd ingesteld was op mense se voorkoms en hulle  wou laat goed voel en mooi lyk.  Ek het in  graad 11  reeds die eerste keer ‘n Isa Carstens beroeps-opedag bygewoon en weer in  graad 12.  Die ope-dae het my belangstelling in die rigting bevestig, maar ek het ook besef dat ek ‘n verdere jaar wil studeer en die Gevorderde Diploma in “Dermal Aesthetics” wil volg.  Na my studies wil ek graag twee kontrakte op die skepe doen ten einde die wêreld te sien, ondervinding op te doen en om my studieskuld te kan afbetaal.  Daarna sal ek graag my eie salon wil oopmaak en daarop fokus om mense met probleemvelle te help, die oorsake en oplossings daarvoor te identifiseer sodat my kliënte ook ‘n mooi, gesonde, gladde en blink vel mag hê waarop hulle  trots kan wees. Ek sal graag persoonlik saam met vel- en plastiese chirurge wil werk.

Dankie aan die Helpmekaar Studiefonds vir jul bydrae om my droom te laat realiseer …. Sonder julle sou dit nie moontlik gewees het nie!