Danksy die Noordelike Helpmekaar Studiefonds kon ek begin met my opwindende TUKS-journey in 2019. My jaar het  uit sy nate gebars met hoogtepunte. Ek kon deel vorm van die mooiste pienk familie in Magrietjie Dameskoshuis. Die nuwe studentelewe was soos ‘n vars asem en ek het elke oomblik van my eerstejaar terdeë geniet. Ek is gebore met ‘n passie vir mense, die verhoog en om ‘n blywende verskil te maak. Tans is ek besig om te werk na my droomkwalifikasie as Arbeidsterapeut. Deur as Arbeidsterapeut te kwalifiseer en my aangebore gawes daarmee te kombineer, glo ek dat ek ‘n aanwins vir my mense in hierdie land sal wees. Noordelike Helpmekaar Studiefonds het my hande gevat en nou word my grootse drome waar.