Ek is tans ‘n tweede jaar mediese student aan die Universiteit van Pretoria. Ek het in 2020 my Universiteitsloopbaan begin met die droom om medies te studeer. Ek moes in my eerste jaar BSc-Biologiese wetenskappe studeer omdat ek nie dadelik keuring gekry het nie. Ek het gelukkig aan die begin van 2021 keuring gekry. Ek was baie opgewonde en het hard gewerk en het elke oomblik geniet omdat ek geweet het dat ek die ondersteuning gehad het van die Noordelike Helpmekaar-Studiefonds. Hulle het dit moontlik gemaak om my grootste droom te verwesenlik. Ek is baie dankbaar en ook so opgewonde oor al die jare van studie wat nog voorlê.