Ek het groot geword in Centurion en het in 2018 matrikuleer aan die Hoërskool Eldoraigne. Tans is ek besig met my derde jaar studie in Somatologie by Isa Castens Akademie in Pretoria. Isa Carstens Akademie , ‘n wêreldbekende gesondheids- en velsorgopleidingsakademie wat in 1978 gestig is,  bied verskillende voltydse opleidingsprogramme aan.  Isa Carstens Akademie se Somatologie-kursus is ‘n 3 jaar kursus en behels vel- en lyfsorg.

 

My belangstelling in Somatologie het reeds op n baie jong onderdom ontwikkel. Ek is tans besig met die laaste jaar van my Diploma en wil volgende jaar verder studeer en die Gevorderde Diploma in “Dermal Aesthetics” voltooi. Ek wil graag my eie salon oopmaak en fokus om mense met probleemvelle te help, asook die oorsake en oplossings daarvoor te identifiseer. Een van my grootste drome is om ook persoonlik saam met vel- en plastiese chirurge te kan werk. As gevolg van die pandemie is die skepe toe, maar ek sal eendag graag twee kontrakte wil voltooi ten einde die wêreld te sien, ondervinding op te doen en  met die inkomste so verdien my studieskuld af te betaal.

 

Dankie aan Helpmekaar-studiefonds vir jul bydrae om my droom te laat realiseer …. Sonder julle sou dit nie moontlik gewees het nie!